wat is Lekkawaan?

Lekkawaan is n klein begin, n familie besigheid in n kleind dorpie met n groot droom, n droom om meer te wees as net alledaags, maar tog eenvoudig en gemaklik. 

Ons belowe geen nonsens, goeie kwaliteit produkte gemaak vir dames en here wat hulle man kan staan. 

Lekkawaan kwaliteit is n bewys van gesogtheid en inbors. 

Lekkawaan pronk op die hedendaagse bakkie en word gedra deur die hedendaagse parmantige helde van ons alledaagse samelewing manne en maninne wat kan braai, wat rugby kyk en wat net lief is vir suiwer afrikaans. 

Ons hou van die woorde koeksisters, windpomp, pannekoek, rugby, buitelug en braai, ons is lief vir afrikaans, ons is lief vir Suid-Afrika…